Back 

News

Voortrekker Kamp

Voortrekkers geniet proeflopie kamp

Author: Guss Davey/04 October 2011/Categories: Community, Komatipoort

Rate this article:
No rating
Voortrekker Kamp

Die inisiatief van die Komati Voortrekker kommando om 'n eie gebiedskamp hier in die Onderberg te ontwikkel, is kenmerkend van die Voortrekkers. Dis die nasionale beweging wat na 80 jaar steeds dinamies voortbeweeg na nuwe bestemmings, en deurentyd vernuwe sonder om karakter te verloor. Sewe-en-sewentig Voortrekkers, plaaslik asook van Nelspruit en Witrivier, het die naweek die proeflopie-kamp geniet en is terug huis toe met nuwe vaardighede en verwagtinge. Dié voorloperkamp het gestrek van Vrydagmiddag tot Sondagmiddag.


Die beoogde jaarlikse gebiedskamp sal oor minstens vier dae gehou word. Die oogmerk van die gebiedskamp wat elke jaar aangebied sal word is om Voortrekkers in hulle ouderdomsgroepe jaarliks agtereenvolgens progressief te ontwikkel tot kinders wat op gr. 7-vlak selfstandig (onder verantwoordelike toesig) in die bosveld kan leef en oorleef. Modules wat insluit dierekennis, veldkennis, omgewingbewustheid, noodhulp (uit die natuur), spoorsny, skuiling- en kamp bou, veldvernuf, jagvernuf, slagverrnuf en oorlewing sal elke jaar progressief en ouderdomsrelevant op eie bodem aangebied word. "Ons moes vasstel of die terrein en kamplogistiek dit daartoe leen," verduidelik kommandoleier Marita Engelbrecht. "Omdat ons die kundigheid plaaslik beskikbaar het om die kursusmateriaal aan te bied, is die Onderberg-kampterrein en wildsplase daar naby uitstekend vir hierdie doel."

Die kommando sal die kampmateriaal ondersoek en ontwikkel. Komati Kommando is die afgelope naweek ook deur die oordleiers Pierre en Mellanie Wright besoek. Dit het die inisiatief voltooi. Hierdie naweek is slagkuns aangebied deur Lesley Katz (offisier en professionele jagter), spoorsny en boogskiet deur Domien van Buynder (bepaald deskundig in elke faset daarvan), noodhulp deur Chris Botha (bewese paramedikus) en Joritha Heymans (privaatkliniek verpleegster), en varswaterhengel deur Francois du Plessis (bewese visserman). Wolkbedekkings het die aanbieding van sterrekunde onmoontlik gemaak.

Daar was deurentyd genoeg bystand beskikbaar in die offisiere en ouers wat met ruim harte en hande waar nodig is hulp verleen en insette gelewer het," verduidelik Marita. Die klem was om dit van wat in die natuur beskikbaar is, te benut. So sou 'n draagbaar ontwerp word uit mense se hemde en takke, of visvangtoerusting uit stokke en dobbertjies uit takke of ystervarkpenne. Die kampterrein is gratis aan die Voortrekkers beskikbaar gestel, en is vir die volgende jare beskikbaar op soortgelyke basis. 'n Terrein met 'n toegeruste glybaan na die swembad en 'n ordentlike foefieslide in die bos krap mens nie agter enige bos uit nie.

 Die Voortrekkers sal poog om met die opbou en uitbouing van die kampterrein in die toekoms ook betrokke te raak. Die collage van foto’s vertel self verder die verhaal van 'n suksesvolle pionierskamp. Ouers of kinders wat belangstel om by die beweging aan te sluit is welkom om te skakel met enige een van die offisiere. Marita Engelbrecht kan bereik word by 082-57-2551 of sielkos@mindmatters.co.za Die gasheer van die kamp bedank die voortrekkertjies vir hul ruimhartige donasie.

Number of views (48556)/Comments (0)

Guss Davey
>

Guss Davey

Other posts by Guss Davey

Please login or register to post comments.

This website / town portal was founded and is maintained by Fineandcountry Lowveld Kruger South & Esselens Engelbrechts; developed by Nomoredots.  The administration/webmastering is done by Sonja Nel. Contributors are Komatipoort ( Nkomazi East Combined Commerce and Tourism Association / Neccta) - Jan Engelbrecht; Marloth Park - Gerrie Aucamp, and Malalane (Malalane Sakekamer) - Chris Engelbrecht.

News Images

Copyright 2017 by NECCTA