Back 

News

Lokale patologie-tegnikus die beste in SA

As published in Corridor Gazette 22 February 2015 Denise Lourens, die vriendelike laboratoriumtegnikus met ‘n hart van goud, is pas aangewys as die heel beste in die land in die Ampath-groep.

Author: Sonja Nel/23 February 2015/Categories: Business, General, Komatipoort

Rate this article:
5.0
Lokale patologie-tegnikus die beste in SA
KOMATIPOORT – Denise Lourens, die vriendelike laboratoriumtegnikus met ‘n hart van goud, is pas aangewys as die heel beste in die land in die Ampath-groep. Lourens is al 15 jaar by dié groep betrokke en vertel dat sy haar werk ontsettend baie geniet. Sy het gesê dat dit ook ‘n voorreg is om met die dokters in Komati saam te werk, aangesien die naaste pataloë in Mbombela is.

Die maatskappy doen elke jaar ‘n “Qflag Quest for Quality”, soos dit bekend staan. Haar werk op die rekenaar, sowel as interne en eksterne kontroles word elke dag gemonitor. Daar word gelet op kliënteterugvoer en die dokters se persoonlike assistente doen ook verslag oor die werk wat sy lewer.

Elke tweede jaar word persone van Sanas (South African National Accreditation System) afgevaardig om die laboratorium te akkrediteer. Hulle word deur die Suid-Afrikaanse regering erken as die enigste liggaam wat formele erkenning aan laboratoriums mag gee en bekwaamheidstoetse kan doen om toe te sien dat fasiliteite geskik is vir die uitvoering van spesifieke take in terme van akkreditasie, eenvormige assesering, kalibrasie en goeie laboratoriumpraktyk volgens die wet. Hulle doel is om vertroue en gemoedsrus aan firmas en individue te gee deur middel van akkreditasie, wat nodig is vir die vestiging van ekonomiese en maatskaplike welstand vir almal.

In 2012 sowel as 2014 het sy aan al die bepaalde vereistes voldoen en daar is geen fout in haar laboratorium gevind nie. ‘n Oudit word ook vanaf hoofkantoor, sowel as Mbombela gedoen. Nadat bogenoemde alles in ag geneem is, word die beste tegnikus in die land vir uitstekende en kwaliteitdiens aangewys. Dit is voorwaar ‘n besondere prestasie
 

Number of views (26201)/Comments (0)

Tags:
Sonja Nel
>

Sonja Nel

Other posts by Sonja Nel

Please login or register to post comments.

This website / town portal was founded and is maintained by Fineandcountry Lowveld Kruger South & Esselens Engelbrechts; developed by Nomoredots.  The administration/webmastering is done by Sonja Nel. Contributors are Komatipoort ( Nkomazi East Combined Commerce and Tourism Association / Neccta) - Jan Engelbrecht; Marloth Park - Gerrie Aucamp, and Malalane (Malalane Sakekamer) - Chris Engelbrecht.

News Images

Copyright 2017 by NECCTA